HARTENBOS NUUS - Vier atlete het Dinsdagaand, 12 Maart aan die Hartenbos Drawwers se 6km-tydtoets deelgeneem.
Willem Lodewyk wat in bykans al die 6km-tydtoetse die vinnigste tye aflê, moes die week toesien hoe Bulelwa Kota voor hom oor die eindstreep gehardloop het.
Kota het 'n briljante tyd van 0:21:25 geharloop, met Lodewyk op 0:23:04 tweede. Hulle is gevolg deur Henrich Muller (0:31:08) en IlzeViljoen (0:39:02).
Die 3km-tydtoets se uitslae is:
Viljoen Llewelyn (0:10:38), Chrisvan Wyk (0:12:41), Gerrie Janse van Vuuren (0:14:05), Johan Viljoen (0:15:21), Clem Eccles (0:15:23), Barend van der Merwe (0:15:30), Rika Spang (0:16:54), Elizabeth Viljoen (0:17:46), Esther Oosthuizen (0:17:51), Igna Barnard (0:18:23), Steven Phelps (0:18:50), Willem van der Waal (0:18:52), Hennelie van der Westhuizen (0:20:00), Petro Nel (0:21:09), Babe Voster (0:24:12), Martie Grobler (0:24:14), Sonwabile Ngcizela (0:36:09) en Andisa Clans (0:36:09).
Slegs een atleet, Lourens van Zyl (0:14:57) het die 2km-tydtoets afgelê, terwyl Dian Fourie (0:11:09), Adriaan Fourie (0:11:36) en Markus Fourie (0:12:10) die 1km-tydtoets afgelê het.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'