Ellis Morley (59), ‘n werknemer van die Tshwane-metro, is verlede Dinsdag doodgeskok terwyl hy ná koperdiefstal besig was om nuwe kragkabels te las by die Pumulani-tolhek.
Sy suster, Elize Nigrini sê: “Gesteelde kragkabels het my broer sy lewe gekos.”
Sy sê haar broer was ‘n ervare elektrisiën wat daagliks gesteelde of beskadigde kragkabels moes vervang, herstel of in stand hou.