GEORGE NUUS -
Minke Janse van Rensburg, 'n 13-jarige swemmer van George, het vandag die wêreldrekord in die 50m vryslag gebreek tydens die TYR Prestige gala in Durban.
Haar tyd was 40.19 sekondes.
Minke het ook terselfdertyd vandag die Afrika-rekord gebreek.
Hierdie jong swemmer het onlangs tydens afrigting - onder die bekwame hand van Sybeth Huges van Fish Eagle-swemklub - 'n nie-amptelike 50m kortbad-tyd geswem wat ook beter as die huidige kortbadwêreldrekord is.
Minke vetrek binnekort na Kanada waar sy in die Downsindroom-wêreldswemkampioenskappe gaan meeding.
Lees meer op ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'