Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai se pampoenkampioen het Vrydag, 26 Mei, 'n draai by Laerskool Hartenbos gaan maak waar hy hy die verlede altyd een van sy Atlantic Gaint Pumpkin-variëteit pampoene na die skool gebring het vir die kinders om dié reuse-pampoen te aanskou.
Vanjaar was Willem le Grange (35), se besoek sonder 'n pampoen en het hy as gasspreker 'n motiveringspraatjie gelewer.
By die saalbyeenkoms het hy vertel van sy lewe en die gespottery oor sy voorkoms en hoe hy dit te bowe gekom.
As deel van die Internasionale dag vir bewusmaking van vaskulêre geboortemerke, wat op 15 Mei wêreldwyd gehou word, het hy dié dag sy verhaal met die 'dolfyne' gedeel.
Die boodskap
Met boelies wat ander teiken het Le Grange die klem laat op die ontvangkant van die gespot en geterg. As illustrasie hy van die Lian Coetzer gebruik gemaak en hom letterlik in 'n paar van sy eie skoene te laat loop. Op die vraag of dit maklik was, was die antwoord natuurlik, nee. "Niemand weet hoe iemand anders voel of hoe ander die lewe ervaar nie.
"Ek lyk anders as ander maar die Here het my so geskape," vertel Le Grange. "So, voor jy jou maatjie langs of voor jou spot of boelie, dink net hoe jy sal voel om in sy of haar skoene te wees."
"As jy nie iets goed het om aan ander te sê nie, bly eerder stil, moet hom of haar nie afbreek of sleg sê nie," was Le Grange se boodskap.
Skool
Le Grange is op Lydenburg gebore waar hy ook op skool was. Sy skooljare was nie maklik nie. Hy is met 'n geboortevlek aan die regterkant van sy gesig gebore. "Mense het my anders hanteer. As hulle my sien was daar altyd vrae. Ander het my vermy, gespot en was selfs skaam vir my."
Na skool
Dit het hom egter nie in sak en as laat sit nie. Hy het ten spyte daarvan 'n vol lewe en is baie lief vir diere, mense en die plaaslewe.
Na skool van 2007 tot 2010 het hy in Amerika geboer en gestroop by Olson Customs Farms in Hendricks, Minnesota. Van 2011 tot 2016 boer hy saam met sy pa, Casper, op die familieplaas. In 2017 boer hy vir Indigo Fruit Farms eers op Buffeljags, Swellendam, en is nou plaasbestuurder op die plaas Lange Rug, Ruiterbosch Agri, op Ruiterbosch.
Sport
Op sportgebied speel hy van 2011 tot 2016 rugby vir die Rooikatte op Lydenburg, Ratels op Ohrigstad en vir die Laeveld Pumas. Van 2017 speel hy rugby op Buffeljags en neem aan toutrek deel op Swellendam.
Pampoene
Op Heidelberg by 'n padstal sien hy een van die reuse-pampoene en daar het die gogga hom gebyt. In 2019 kweek hy sy eerste groot pampoen van 435kg. In 2021 by die Heidelberg Pampoenfees verbeter hy die Suid Afrikaanse en Suidelike Halfrond rekords met 'n pampoen van 867.5 kg.
In 2022 verbeter hy weer dié rekords met 'n bielie van 904,5kg. Vanjaar was hy weer die SA kampioen met 'n pampoen van 903kg, slegs 1.5kg ligter as die vorige jaar se rekord poging.
Sy boodskap die dag aan die leerders van Laerskool Hartenbos sluit hy af met die woorde: "Ek is baie trots om in Willem le Grange se skoene te loop. God het my so geskape en niemand anders gaan my afbreek oor net 'n vlek op my gesig nie. Onthou, die Here het jou mooi gemaak."
Video - Willem le Grange praat oor geboortevlekke
Willem le Grange as baba met sy geboortevlek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’