Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Weldoener wat verby ‘n veldbrand gery het, het nie geskroom om te stop en in te spring om die brand te blus voor dit verder versprei nadat die veldbrand langs die N2, naby Salt & Copper ontstaan het.
Tiaan Roode van Hartenbos was hier op sy eie besig om ‘n veldbrand te blus voor dit na die droë bosse versprei.
Hy het eers sand gesoek maar moes toe met ‘n tak die vlamme blus.
JJ Claassen het die jong man op dié foto en film vasgelê:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’