Kwiltwerk kan maklik ingewikkeld lyk, maar Engela Buys, 'n lid van die tak, het tydens die vergadering vir besoekers gewys dis nie so moeilik om dit te maak nie. Engela het verskillende kwilt tegnieke stap vir stap gedemonstreer.
Sy het ook besemstok hekelwerk gedemonstreer wat ook weereens maklik is as jy net weet hoe.
Engela is iemand wat baie innoverend is en baie gesteld is op herwinning.
Sy het blikkies gewys waaruit sy die mooiste voëlbakkies gesny het en ook gewys hoe jy tunablikkies mooi kan versier met materiaal decoupage en dit gebruik vir verskeie jammerlappies veral by 'n braaivleis.
Die tyd vir geskenke kom nader en Dalene Cloete het gewys hoe om droë bestanddele vir 'n muffinmengsel in lae in 'n bottel te verpak, wat as 'n geskenk gegee kan word.

Engela het ook besemstok hekelwerk gedemonstreer wat ook weereens maklik is as jy net weet hoe.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'