HARTENBOS NUUS - 'n Biokinetikus gaan by die volgende VLV Hartenbos-samekoms oor 'n reeks oefeninge vir bejaardes en veilige maniere om gewone leefstylaktiwiteite uit te voer, gesels.
"Senior burgers vertel graag hoe seer knieë, heupe, enkels en dies meer hulle verhoed om enigsins aktief te wees.
"Daardeur word lewenskwaliteit ingeperk en ervaar hulle gereeld frustrasies daaroor, wat weer ander probleme tot gevolg kan hê," sê die VLV.
Om sulke dilemmas beter te hanteer het die VLV Hartenbos besluit om sy volgende saamkomgeleentheid op 24 Februarie aan aktiefwees te wy.
'n Biokinetikus sal die lede en besoekers meer oor oefeninge, insluitende interessante stoeloefeninge en ander aktiwiteite, leer.
Die verrigtinge begin om 09:00 vir 09:30 by die Lede in Christus Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Jakarandastraat, Hartenbos Heuwels. Om behoorlik by die 'oefensessie' in te pas en sommer pret te hê, versoek die VLV dat almal gemaklike tekkies sal aantrek.
Daar sal ook geleentheid wees om by die VLV se klein markie 'n draai te maak. Neem kontant saam om die vereniging hiermee te ondersteun. Indien jy besluit om die geleentheid by te woon, neem ook sommer 'n vriendin of twee saam.
Skakel die voorsitter, Rolien Smit, by 084 621 2838 vir verdere navrae of indien jy belangstel om by die VLV Hartenbos aan te sluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’