MOSSELBAAI NUUS - Na ‘n brandalarm afgegaan het by die Dias Museum vanoggend Dinsdag, 26 Desember, is Mosselbaai brandweer na die toneel ontbied.
By aankoms wat dit egter ‘n vals alarm en het kinders wat by die museum was die geleentheid gekry om die brandweerwa van nader te beskou.
Kinders het nie die kans laat verbygaan om in die trok in te klim en agter die stuur te kan inskuif nie. Twee jong dogters, Rea de Kock, ‘n graad 6 leerder van Brackenfell en Milla du Plooy, 'n graad 7 leerder van Gauteng was gelukkig om op daardie tyd besoek af te lê by die museum.
Beide families van die twee dogters kampeer tans by De Bakke-karavaanpark op Mosselbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’