MOSSELBAAI NUUS - ‘n Taxibestuurder (in sy hoedanigheid as 'n professionele bestuurder) wat Maandag, 25 Maart, in die muur van die AGS Kerk in Louis Fourieweg (Mosselbaai) vasgejaag het, was meer as 11 keer oor die wettige dranklimiet.
Die 46-jarige verdagte het slegs een passasier in die taxi gehad.
Die passasier is nie beseer nie en die verdagte is op die toneel vir ligte beserings behandel.
Die verdagte se limiet in 'n alkoholtoets wat op die toneel geneem is het 1.13 gelees.
Provinsiale Verkeersdienste het verduidelik dat die limiet vir professionele bestuurders, baie laer is as vir gewone bestuurders. Die toetsinstrument wat gebruik is, wys 'n bloedalkohol- en 'n asemalkohol-lesing wat verskil.
Die provinsiale verkeershoof, het verduidelik dat hulle al baie hoër lesings gehad het.
Die toets-uitslae van die bloed wat by die hospitaal getrek is, sal as getuienis in die hof aangebied word.
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem het sal eersdaags in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van dronkbestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'