MOSSELBAAI NUUS - Gemeenskapsgroepe op Facebook was al van vroegoggend af aan die gons ná talle inwoners in die omgewing gesê het hulle het 'n aardbewing gevoel.
Volgens die United States Geological Survey, Volcano Discovery, My Earthquake Alerts, en talle ander bronne is 'n aardbewing van 5.3 op die Richterskaal geregistreer.
Dit was sowat 100km wes van Brandvlei in die Noord-Kaap.
Inowoners van onder meer Hartenbos, Albertinia, Reebok, George en Groot-Brakrivier sê hulle het 'n skudding gevoel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’