MOSSELBAAI NUUS - Nadat hulle ’n rekenaarvaardigheidsklas voltooi het, het 41 gegradueerdes op Vrydag 31 Oktober sertifikate by die Wes-Kaapse Regering se e-sentrum in Sonskyvallei ontvang.
Hierdié geleentheid was die e-sentrum se vierde gradeplegtigheid.
Die e-sentrum is op die jeug van Sonksynvallei, ’n woongebied in Mosselbaai, gemik en ondersteun hulle met werksgeleenthede.
Die sentrumbestuurder, Rochelle Saaiman, help die jeug met werkaansoeke en aanlyn registrasies vir werksgeleenthede.
Danneline Vergotine, die ontwikkelingsbestuurder, is verantwoordelik vir die opleiding wat by die sentrum plaasvind.
Ander e-sentrums kom ook in Mosselbaai voor, insluitende in KwaNonqaba, en maak inligting- en kommunikasietegnologie vrylik beskikbaar en toeganklik vir minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap.
Altesame het 41 kandidate hul rekenaarvaardigheidklasse by die sentrum voltooi. Foto: Danneline Vergotine
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’