REEBOK NUUS - ’n Inwoner van Reebok, Marie Herholdt, het op 1 Maart die ouderdom van 99 jaar bereik.
Haar vriende en familie het haar verjaarsdagverrigtinge bygewoon.
Herholdt woon steeds in haar eie huis, en word deur haar dogters versorg. Sy het twee dogters, vier kleinkinders en agt agterkleinkinders.
Haar eggenoot, Jan, is in 2014 oorlede.
Die egpaar het hulle in Reebok gevestig nadat hulle vir baie jare op De Aar woonagtig was.
Daar het Marie op vele terreine haar medemens gedien deur haar betrokkenheid by die ACVV en ander Christelike organisasies.
Sy het vir ’n tuisnywerheid gebak en het ook baie goed naaldwerk gedoen, gebrei en gehekel.
Sy hou haarself steeds besig deur te lees, blokraaisels in te vul, legkaarte te bou, daagliks ’n klein joernaal by te hou en Bybelstudie te doen.
Marie het ’n broer, Koos Pietersen (95), wat in George woonagtig is.
Marie geniet steeds goeie gesondheid, alhoewel sy ná ’n ernstige beenbreuk bedlêend is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’