HARTENBOS NUUS - Die vroue van die VLV Hartenbos bied tydens hul maandelikse samekomste ’n verskeidenheid van onderwerpe aan, te doene met van die huishouding en die natuur tot die opvoedkunde en openbare sake.
Die vroue se jongste byeenkoms beskryf hulle as “cool, kreatief, artsy, uniek en weird”.
“As dié beskrywing jou laat dink aan ’n hippiepartytjie, kan jy nie verkwalik word nie, maar die VLV Hartenbos gaan darem nie heeltemal terug na daardie era nie. Die VLV se samekoms op 26 Mei is ’n geleentheid waar een van ons lede ’n verduideliking gaan gee en elkeen ook die geleenthied sal kry om die kuns van decoupage te beoefen.”
Indien jy besluit om hierdie kreatiewe geleentheid by te woon, neem ook sommer ’n vriendin of twee saam. En neem die VLV se beskrywende woorde in ag wanneer jy vir die decoupage-sessie aantrek!
Die verrigtinge begin om 09:00 vir 09:30 by die Lede in Christus Kerk, op die hoek van Katjiepiering- en Jakarandastraat, Hartenbos Heuwels. En dan is daar natuurlik die marktafel - daar sal gedroogde vrugte en ander interessanthede teen baie billike pryse beskikbaar wees. Neem kontant saam om die VLV hiermee te ondersteun.
Skakel die voorsitter, Rolien Smit, by 084 621 2838 vir verdere navrae of indien jy belangstel om by die VLV Hartenbos aan te sluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’