MOSSELBAAI NUUS - Die eerste ope munisipale raadsvergadering vir die jaar het vandag, 27 Februarie, van 09:00 tot ongeveer 13:00 plaasgevind.
Hoogtepunte van die vergadering was die burgemeester, Dirk Kotzé, se munisipale rede en ook ‘n aanlyn voorlegging deur die kantoor van die ouditeur-generaal.
Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuurdienste is ook gedurende die vergadering deur die kantoor van premier Alan Winde erken vir hul onbaatsugtige diens gedurende die George-gebouramp op 6 Mei verlede jaar.
Na hierdie gebeure het die bespreking van items op die raadsagenda amptelik begin.
Daar was talle besprekings oor items wat betrekking het tot die munisipaliteit se finansies.
Items wat meer in diepte deur raadslede bespreek is sluit in:
- Stigting van ‘n nie-winsgewende maatskappy: Mossel Bay Arts and Culture Council
- Voorgestelde konstruksie van ‘n social hub in Ndandastraat, Joe Slovo Village
- Voorgestelde vervreemding van ‘n erf in Gentswanastraat, KwaNonqaba vir ‘n sorgsentrum vir babas en gestremde kinders
Verder was daar talle voorgestelde vervreemdings van dele van erwe in Mosselbaai en omliggende areas. Daar was ook onder meer items oor die:
- heraanstelling van Mosselbaai se brandweerhoof, Joseph Johnston, as die voorsitter van die provinsiale brandweerhoofkomitee
- vorderingsverslag oor die Garden Walk Mall se ontwikkelingsbydraes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’