MOSSELBAAI NUUS - Martha Leonard van Hoërskool Punt het hierdie jaar haar sertifkaat vir 30 jaar diens aan die WKOD ontvang.
Sy het op 1 Oktober 1987 by Hoërskool Punt begin werk en is vandag steeds 'n baie trotse "Vis".
Leonard is die skoolhoof, mnr AJ Gouws se sekretaresse en sy is ook die vrou wat sorg dat die skoolklok op die regte tye lui. Haar stem is ook aan al Hoerskool Punt se leerders en oud-leerders bekend aangesien sy reeds van meet af aan in beheer is van die afkondigings.
"Baie dankie vir jou jarelange diens aan Hoërskool Punt," sê 'n skoolwoordvoerder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'