MOSSELBAAI NUUS - "Terwyl die wêreld se oë op brandbestryders in Australië is, durf ons nie van die onbaatsugtige diens van die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuursdienste se brandbestryders vergeet nie.
"Dankie vir julle onbaatsugtige opoffering, vir die lang ure wat julle werk en die feit dat julle jul lewens op die spel plaas om ander se lewens, eiendom en die omgewing te red. Hoërskool Punt se leerlingraad en leerders sê dankie."
Dit was die boodskap van Carolyn Rheeder en die res van die 2020-leerlingraad wat op Maandag, 3 Februarie besoek afgelê het by Mosselbaai se brandweerstasie.
Nie net 'n sertifikaat nie, maar heerlike, selfgebakte muffins het die manhaftige brandbestryders se harte vermurwe.
Die stasiebevelvoerder, Ann Supra-Vertue het Punt se leerders en leerlingraad bedank vir hierdie uitsonderlike gebaar.
Stasiebevelvoerder van die Mosselbaai-brandweer, Ann Supra-Vertue ontvang ‘n sertifikaat van dank van Carolyn Rheeder namens Hoërskool Punt.
Die brandbestryders saam die leerlingraad van Hoërskool Punt.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'