MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt het leerders van die skool se Fotografieklub gebruik om die Interhuis-atletiek vas te vang.
Die skool se Interhuis-byeenkoms het hierdie week by die Van Riebeeck-sportgronde in Mosselbaai plaasgevind.
Die leerders het indrukwekkende aksieskote vasgevang, waar die atlete se intense konsentrasie vasgelê is waar hulle aan hoogspring, hekkies, aflos- en langafstandwedlope deelgeneem het.
Die leerders van die Fotografieklub wat die foto's geneem het is:
- Janica van Eck
- Kiara Botha
- Christiaan Malherbe
- Lené Niemann
- Dominique Ferreira
- Amé Muller
- Denevé Nienaber
- Leandri Fevrier
Een atleet land op die sagte mat ná daar oor die dwarslat in die hoogspring geseil is. Foto: Hoërskool Punt Fotografieklub
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’