MOSSELBAAI NUUS - Bekommernisse vanuit die gemeenskap oor die algehele toestand van die Mosselbaai-poskantoor in Marshstraat, is verlede week ter plaatse deur die Mossel Bay Advertiser ondersoek.
Omdat die poskantoor 'n staatsentiteit is, is dit deur die Mosselbaai-munisipaliteit bevestig dat die instandhouding van dié kompleks nie die verantwoordelikheid van die plaaslike owerheid is nie.
Louise Brugman, woordvoerder van die sakereddingspraktisyns van die SuidAfrikaanse Poskantoor (Sapo), sê egter daar is uitgereik na die munisipaliteit om by te staan met die instandhouding van die gebou.
Die munisipaliteit het bevestig dat 'n versoek van Sapo in Desember 2024 ontvang is.
Ofskoon die munisipaliteit nie verantwoordelik is vir die instandhouding van die poskantoor nie, ontvang die omliggende gebied munisipale onderhoud.
Mosselbaai-munisipaliteit het vir die Advertiser gesê dat ingevolge met die munisipale bestuurder se magtiging, kan toestemming verleen word om nie-munisipale eiendomme skoon te maak, veral waar toestande 'n gesondheids- en veiligheidsrisiko skep.
As gevolg van dié toestemming, is 'n boom buite die Marshstraat-poskantoor deur die munisipaliteit in stand gehou.
Volgens die munisipaliteit, het die poskantoor 'n munisipale kennisgewing ontvang om te verseker dat die perseel te alle tye skoon en netjies gehou word.
"Die munisipaliteit se straatskoonmaakkontrakteurs het opdrag gekry om die stegiepad en sypaadjie gedeelte tussen die poskantoor en munisipale sypaadjie te vee," het die munisipaliteit aan die Advertiser verduidelik.
Gemeenskapsklagtes wat deur die Advertiser ontvang was, het gebreekte vensters, voëlmis, blare en minimale personeel in die gebou ingesluit.
Die munisipale kennisgewing is op 2 Desember uitgereik na aanleiding van ander openbare klagtes, insluitend menslike ontlasting wat op die perseel teenwoordig was.
Die munisipaliteit kon bevestig dat sy sanitasie-afdeling vir die skoonmaak daarvan gereël het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’