MOSSELBAAI NUUS - ‘n Voormalige inwoner van Mosselbaai, Elsa Lamb, wat steeds belange in die hawedorp het, het Maandag 9 Desember ‘n ope brief aan die Mossel Bay Advertiser gestuur oor die voorgenome vismeel- en visolie-verwerkingsaanleg van Afro Fishing (Pty) Ltd op die Mosselbaai-hawe.
Lamb het gevra dat haar skrywe volledig en sonder veranderinge aanlyn geplaas word voor die openbare deelname proses ten einde loop op Donderdag 12 Desember.
Mossel Bay Advertiser voldoen hiermee aan Lamb se versoek nadat ons Maandag (9 Desember) vir Afro Fishing genader het vir kommentaar. Hulle kommentaar sal ook volledig aanlyn verskyn sodra ons dit ontvang.
Lees die brief: Die tirannie van selektiewe inligting
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'