Update
MOSSELBAAI NUUS - Die oorsaak van 'n brand by 'n skuur naby die Bnei Akiva-kampterrein in Hartenbos teen die rivier, is nog nie bekend nie en word steeds ondersoek.
Die skuur, met drie karavane het op Dinsdag, 29 Augustus, om ongeveer 09:00 aan die brand geslaan. Video's van die brand is wyd op sosiale media versprei.
Niemand is tydens die voorval beseer nie en die skuur behoort glo aan 'n privaat eienaar. Meer inligting was nie met die ter perse gaan bekend nie.
Vorige artikel: Struktuur in Hartenbos brand
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word steeds ondersoek. Foto: Engie Immelman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’