MOSSELBAAI NUUS - Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Pienk Reddingsboei-projek is van stapel gestuur om eenvoudige, maklik-om-te-gebruik-reddingstoestelle by gewilde maar soms gevaarlike swemplekke beskikbaar te hou.
Hierdie pienk boeie, wat maklik sigbaar van ver af is, word by strande, riviere en damme geplaas.
Dit het reeds verskeie lewens gered en speel ’n belangrike rol in die voorkoming van verdrinkings langs ons kuslyn.
Om ons gemeenskappe veilig te hou, word die inwoners van Mosselbaai en die omliggende gebiede aangemoedig om as deel van die reddingsprojek só ’n pienk boei te borg.
Jy kan dit ook ter nagedagtenis aan ’n geliefde borg.
Die pienk boeie sal by elke toegangspunt tot ons strande geplaas word en kan direk vanaf die NSRI-webwerf (www.nsri.org.za) bestel word.
Aflewering is gratis by die NSRI se Stasie 15 in Mosselbaai, of teen R100 by jou eie perseel.
Navrae: Stasie 15 by 082 990 5954 of Lizelle Henning by henninglizelle@gmail.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’