MOSSELBAAI NUUS - Die Noordwes-Universiteit se NWU PUK-koor lewer op Donderdagaand, 1 Desember om 19:00 'n uitvoering in die St Peter's Anglikaanse kerk in Marshstraat, Mosselbaai.
Die koor staan onder leiding van Kobus Venter. Die koor het al verskeie plaaslike en internasionale toekennings ontvang.
Dit sluit in die Internasionale advent- en Kerskoorfees met die Eben-prys (Tsjeggiese Republiek, 2019); twee goue diplomas by die Internasionale fees van advent- en Kersmusiek (Slowakye, 2019 en 2015); Der Internationale Chorwettbewerb in Spittal an der Drau (Oostenryk, 2017) waar hulle met die gesogte Publikumspreis bekroon is; kategoriewenner en algehele wenner by die Internasionale ATKV Animato Koorkompetisie (Suid-Afrika, 2015); asook goue medaljes by die Wêreldkoorspele (Suid-Afrika, 2018; Letland, 2014).
Die NWU PUK-koor het onder leiding van Venter, reeds drie CD’s vrygestel.
Die koor is tans op toer en tree ook in Mosselbaai op. Toegang vir die 1ste Desember se uitvoering beloop R50 per persoon. Vir enige navrae skakel 044 695 5105, 083 363 3698 of 082 687 9744.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'