Die Tosca, wat aan die South African Scout Association behoort, het omstreeks 14:00 op 4 Januarie vanaf Kaapstad na Rio vertrek en sal na verwagting, as alles goed verloop, sowat drie weke op see wees. Altesaam 35 seiljagte ding mee in die wedvaart wat oor 3 300 seemyl strek.
Op Sondag, 5 Januarie het die seiljagte erge stormsee sowat 75 seemyl vanaf Kaapstad ondervind, met deinings van tot agt meter en stormsterk wind van tot 60 knope. 'n Bemanningslid van die Angolese seiljag Bille het omgekom toe die seiljag se mas gebreek het. Talle ander seiljagte het skade gerapporteer. Sommige het selfs aan die wedvaart onttrek.
Die Transnet Nasionale Hawe Owerheid het die NSRI en 22 Eskader van die SA Lugmag op gereedheidsgrondslag geplaas in geval van verdere noodgevalle.
Marcus het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat hy 'n omsendskrywe van die Scouts-vereniging ontvang het waarin melding gemaak is dat aansoeke as bemanning op die Tosca ingewag word. Na 'n streng keuringsproses in Kaapstad is hy as een van net agt bemanningslede gekies. Die Tosca se skipper is kapt Peter Bosch, wat bygestaan word deur die navigator, Grant Chapman, en ses jongmense, waarvan die ouderdomme tussen 18 jaar en 20 jaar wissel.
Die Tosca het in die 2013 wedvaart die Cruising Class of the Governor's Cup Yacht Race gewen en is op voorgee algeheel tweede geplaas.
Op Sondag, 5 Januarie was die seiljag eerste in hul kategorie geplaas. Op 8 Januarie het die Tosca teruggeval tot vierde in sy klas en was sowat 423km vanaf Kaapstad met nog 2885km tot by die eindpunt.
Belangstellendes kan die wedvaart volg by www.cape2rio2014.com/

Marc Farnham, middel, saam met die ander jong bemanning waarvan die ouderdomme tussen 18 jaar en 20 jaar wissel. Hulle het op Saterdag, 4 Januarie aan boord van die JML Rotary Scout weggespring as deel van die Kaap na Rio wedvaart.Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'