Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Inwoner van Mosselbaai wat die gebou-ineenstorting in Mei 2024 in George oorleef het, Delvin Safers, sê hy is gisteraand in die ongeluk op Louis Fourieweg naby Heiderand Mall beseer.
Safers het glo ‘n nekbesering opgedoen en was die bestuurder van die voertuig wat op sy dak te lande gekom het.
Safers sê hy was kort voor die botsing op pad na sy huis toe.
Volgens Safers het hy van baan verwissel toe ‘n ander voertuig voor hom inswaai.
Sy voertuig het gerol en op sy dak beland.
Hy is met ‘n ambulans hospitaal toe vervoer waar hy vir ‘n nekbesering behandel is en is intussen ontslaan.
Vorige artikels:
Safers sê hy was kort voor die botsing op pad na sy huis toe. Foto: Dexter Brinkhuis
‘
Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’