MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-tuinbouklub het hul Mei-vergadering op 'n pragtige herfsoggend by die Bargain Nursery se Waffle Berry-restaurant gehou.
Patrick Jacoby het die klublede verwelkom. Jacky Cox van die kwekery het hulle besigheid bekend gestel.
Jackie het lede voorgestel aan die bekwame Bokkie Rittles wat met haar kennis van plante 'n groot aanwins is vir die kwekery.
Jackie het die lede in vervoering gehad met haar praatjie oor hangmandjies. Hoewel dit baie maklik is om hangmandjies te maak, het sy die volgende wenke gegee om in gedagte te hou.
Eerstens moet jy besluit waar jy jou hangmandjie wil plaas, want daarvolgens gaan jy plantjies koop en plant. Jou mandjie moet tussen 5 – 7 voet van die grond af wees, want jy moet jou plantjies kan sien, ruik en water gee.
Verkieslik moet jou hangmandjie nie in die wind wees nie, want dan droog dit maklik uit. Moenie jou hangmandjie hang waar daar te veel verkeer is nie en draai jou mandjie elke keer om as jy hom water gee. Plant jou mandjie vol, jy wil nie grond sien nie.
Tydens die praatjie is 'n somer-, winter-, skadu-, vetplante- en groente- en kruiemandjie demonstreer. Bokkie het al die plante uitgewys wat vir elke soort mandjie aangekoop moet word.
Om 'n mandjie te maak, neem 'n groot emmer of pot en sit die mandjie daarin. Gebruik helfte kompos en helfte potgrond, 'n handvol beenmeel, Vermiculite, 'n bietjie Bounce Back en meng dit alles deur. Jy kan ook babadoek of 'n klein bakkie onder in die mandjie sit.
Gooi jou mandjie een derde vol met die mengsel en begin jou plantjies insit, vul op met grond.
Voeding vir die hangmandjies het sy voorgestel dat ons Nutrifeed, maar net een maal per week in die winter. Jackie stel ook voor dat mens heeltyd jou plantjie, blomme of kruie moet snoei, dit stimuleer groei.
"Ons volgende vergadering word gehou op die 13 Junie om 09:30 by Ornamental Gardens, op die hoek van die R102- en Sorgfonteinpad. Die gasspreker is Neil Cawood en hy het vertel hoe om waterslim tuin te maak en gaan wys watter plante om te gebruik. Ons gaan tee/koffie en skons geniet teen R30, RSVP voor 9 Junie. Bring jou eie stoel indien die weer saamspeel gaan ons onder die bome vergader."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'