Dawid Kamfer, 'n gemeenskapsleier van Mosselbaai het die verrigtinge gereël.
Ziggy Matthysen (14), Nathan Taute (13) en Lesley Anderson (13) het ontkom toe hulle op Sondag 11 Januarie by Diasstrand deur sleurstrome meegevoer is.
Dit was hartseer, emosiebelaaide oomblikke toe familielede blomme en ruikers van 'n NSRI-boot af in die see gestrooi het. Die NSRI het die families na Diasstrand uitgeneem en talle ander mense op die strand byeengekom. Vriende en familie het van die strand af vir die ouers gewaai terwyl hulle blomme op die water gestrooi het.
Die geleentheid is met 'n kort boodskap afgesluit, waarna wit duiwe en balonne losgelaat is.
Kamfer het almal bedank wat tot die eerbetoon bygedra en gehelp het met die vertroosting van die familie.
Lees die brieweblad in die Mossel Bay Advertiser op Vrydag 23 Januarie vir 'n volledige lys van bedankings.


'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'