MOSSELBAAI NUUS - Minstens vyf personeellede is die afgelope week by die ACVV Kenani Dienssentrum afgelê.
Dit is glo weens toenemende finansiële druk. Weens die afleggings, sluit die kliniek by die dienssentrum.
Die dienssentrum sê in 'n verklaring dit was 'n baie moeilike besluit.
"Na meer as ‘n jaar se besparings op alle vlakke en fondsinsamelings op ‘n hoër skaal, moes ons weens finansiële druk met personeel aflegging begin."
Hoewel die kliniek sluit bly al die ander dienste by ACVV Kenani in plek.
Vir navrae kontak die bestuurder, Mariana Lategan by 083 781 8905.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’