MOSSELBAAI NUUS - ACVV Huis Elsjè het onlangs hulle 10de-bestaansjaarvieringe gehou. By Huis Elsjè word gespesialiseer in die versorging van persone met demensie, waarvan Alzheimer se siekte die bekendste is.
Die spesiale verjaarsdag het plaasgevind by Huis Elsjè waar daar reeds vroegoggend 'n vrolike atmosfeer geheers het, tesame met die heerlike geur van skape op die spit gebraai.
Die tehuis se personeel, inwoners en hul families het die geleentheid gevier met 'n heerlike maaltyd en 'n gesellige kuier.
Van die personeellede het ook erkenning ontvang vir hulle getroue diens. Van die personeellede het dienssertifikate ontvang vir 10 jaar getroue diens.
Gert Meiring (bestuurder), Carol Pieterse, Janita Janse van Rensburg, Eleonor Domingo, Marietjie Knoetze, Nakkie Zerwick en Juanita van Zyl tydens die viering van die mylpaal.
Dienssertifikate is ontvang deur Margaret Karelse, Rachel Claassen, Eleonor Domingo (voorsitter Beheerraad) en Maria Jansen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'