Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand se motorfiets-tak het Saterdag, 10 Junie, hul jaarlikse Jacket Run by Jakkalvlei gehou.
Volgens die organiseerders was die byeenkoms 'n reuse-sukses waar 63 motorfietse met 72 ondersteuners opgedaag het met sakke vol warm baadjies, serpe, mussies en warm hemde.
FOTOGALERY: Helpende Hand motorfietsklub se ‘Jacket Run’ na Jakkalsvlei
Volgens die president van die Helpende Hand se motorfietsklub, Corrie van der Westhuizen, is die doel van die byeenkoms om warm klere aan behoeftige gemeenskappe te voorsien en word daar ook van dit versprei na kerke, organisasies en instansie in die Suid-Kaap.
"Die motorfietsryers se harte is altyd oop om te help," sê Van der Westhuizen.
Norman Wright, visie-president, vertel dat daar motorfietsryers vanoor die hele streek die byeenkoms jaarlikse bywoon. Dit sluit in Stilbaai, Mosselbaai, Oudtshoorn, Riversdal, Heidelberg, Albertinia en George.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’