Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Van Riebeeck-stadion is die perfekte adres vir almal wat 2020 luidkeels wil verwelkom by vanaand se aflewering van Alternatief is Groot.
Na Mosselbaai gebring deur dieselfde organiseerders wat Saterdag se Afrikaans is Groot Somerfees aangebied het, is daar egter na aanleiding van klagtes oor logistieke reëlings, verskeie paar aanpassings gemaak.
“Ons het die uitleg verander en die stalletjies geskuif. Die getalle vir vanaand word afgesluit op slegs 10 000 mense. Daar is dubbeld die sekuriteitspersoneel en ons het ook meer skandeerders wat vanaand sal diens doen.”
Die hekke vir Alternatief is Groot, maak 15:00 vanmiddag oop. Kaartjies is by Computicket en ook by die stadion se hekke beskikbaar.
Biggie tydens klanktoets.
Die getalle vir vanaand word afgesluit op slegs 10 000 mense.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'