GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie herdenk moreoggend, Vrydag, 19 Desember, AO Frik Schutte (61) se lewe en nooi die gemeenskap uit om by hulle aan te sluit. Schutte is op 16 Desember oorlede.
Hy het in April 2024 afgetree, maar was vir beamptes by die stasie steeds soos deel van die span.
“Ons is diep hartseer om die afsterwe van ons geliefde voormalige AO Schutte aan te kondig. Hy was vir jare ’n integrale deel van ons polisiefamilie en sy bydrae sal altyd onthou word.”
Familie, vriende, kollegas en die gemeenskap word genooi om deel te neem aan ’n drive-by na sy woning. Enigeen wat wil deel wees kan om 10:30 by Groot-Brak-polisiestasie saamkom. Van daar vertrek almal om 10:45 na Schutte se woning in Hartenboslaas 3, Fraaiuitsig.
Diegene wat die geleentheid bywoon is welkom om blomme saam te bring. Vir enige navrae, kontak sers. Lauriane Botha by 073 551 7358.
Die polisie het die gemeenskap vir hul medelye en ondersteuning tydens hierdie hartseer tyd bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’