FRIEMERSHEIM NUUS - Die man wat van die moord op ’n 62-jarige inwoner van Friemersheim verdink word het Vrydag 5 September sy eerste hofverskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak.
Die slagoffer, William James, se liggaam is op 2 September gevind ná hy op 30 Augustus as vermis aangemeld is.
Twee verdagtes is op 2 September in verband met sy moord gearresteer, maar slegs een, Elrick Wildemans, staar ’n aanklag van moord in die gesig.
Die ander een is nie aangekla nie; sy naam sal dus nie bekendgemaak word nie.
Wildemans se saak is na môre, 9 September, vir regshulp en ’n borgaansoek uitgestel.
James se familie het verlede week aan Mossel Bay Advertiser gesê hulle sien nie kans om in hierdie stadium ’n huldeblyk te lewer nie.
Vorige artikel:
Body found in Friemersheim outside Great Brak, two suspects arrested
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’