Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaaier Kobus Crous (68) wat op 6 Oktober in Gauteng aan Covid-19-verwante oorsake oorlede is, se liggaam is vandag op Woensdag, 13 Oktober tydens 'n privaatvlug na Mosselbaai teruggebring.
Sy vrou, Lizelle het die vlug gereël. Die vliegtuig het eers oor hulle gunsteling vliegplek langs die kus van Mosselbaai gevlieg, waarna dit 'n draai oor Crous se plaas, Bergsig gemaak het. Die vliegtuig het op die Mosselbaai-lughawe geland.
Personeel van die Mosselbaai Brand, Redding & Rampbestuursdiens het 'n erewag by die Mosselbaai-lughawe gevorm toe die vliegtuig land.
Crous se geliefde hond, Brandewyn is vir 'n oomblik op die kis neergesit sodat hy sy baas kon groet.
Crous se begrafnisdiens word op 23 Oktober op sy plaas Bergsig privaat natuurreservaat buite Mosselbaai gehou. Dit vind om 14:00 plaas.
Enigeen is welkom om die diens, wat in die opelug gehou word, by te woon. Covid-19-maatreëls sal geld.
VIDEO: Kobus kom huistoe
Foto's: Jannie du Plessis
VERWANTE ARTIKELS:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'