GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die eerste Miss Youth-kompetisie op Groot Brak op Vrydag, 13 Junie, was 'n sukses, sê die organiseerders.
Miss Youth is deur Rosie Venter (Miss Pre-Teen Universe SA) en sers. Lauriane Botha gereël met die doel om jong meisies te bemagtig.
Daar was drie ouderdomskategorieë om aan deel te neem, en die resultate was soos volg:
Little Miss Youth (9-12)
• Wenner: Robyn Stirling
• Eerste prinses: Jazznique Bruintjies
• Tweede prinses: Jessica Jansen van Vuuren
Junior Miss Youth (13-15)
• Wenner: Yolanda du Plessis
• Eerste prinses: Reniecia Pêrel
• Tweede prinses: Mariaan Naudé
Miss Youth (16-18)
• Wenner: Sanchia Pietersen
• Eerste prinses: Verushka Remas
Paige van Wyk is aangewys as Miss Personality en Angeline Scheepers as Miss Bravery.
VIDEO: Só het die Miss Youth-deelnemers gelyk
Foto's: Andrew Basson ZA en Coulson Art Photography
Venter sê die kompetisie gaan nie oor hoe jy lyk of aantrek nie, maar oor jou hart en jou persoonlikheid. Sy sê haar en Botha se doel was om hierdie meisies saam te bring en 'n verskil te maak.
Die wenners sal met hulle saamwerk vir hulle Pink Out Loud-veldtog, met 'n fokus op bemagtiging.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’