Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Bayview Buurtwag op Mosselbaai het gisteraand ‘n suksesvolle witligpatrollie gehou. Die buurtwag in samewerking met die Da Gamaskop-polisiestasie en Msec het 'n optog deur Bayview se strate gehou.
Die buurtwag doen ‘n beroep op inwoners van Bayview om nie hul swart vullissakke voor Donderdae buite hul wonings te sit nie.
Volgens die buurtwag lok dit onnodige voete na die woongebied indien inwoners hul vullissakke byvoorbeeld al teen ‘n Maandag buite sit.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'