MOSSELBAAI NUUS - Altesaam 80 tennisspelers van regoor die Eden-distrik het onlangs aan die Eden Tennisvereniging se 2026 Franklin-skild-toernooi deelgeneem.
Die spelers is in twee spanne, blou en rooi, ingedeel en die wedstryde is op die Mosselbaai-, Hartenbos- en Klein-Brakrivier-tennisklubs se bane gespeel.
Volgens Eden Tennis se voorsitter, Debra Hyde, is die doel van die Franklin-skild om Eden-ligaspelers ná die feestydperk terug op die tennisbaan te kry en die seisoen vir die gemengde ligakompetisie te open.
"Dit is 'n dag om liga- en meesterspelers die geleentheid te gee om mededingende tennis saam of teen maats, vriende en kollegas te speel."
In die afdeling vir eersteligaspelers het die blou span die rooies met 14 - 10 (33 stelle teenoor 23) gewen.
In die afdeling vir tweedeligaspelers het die blou span met 15 - 9 (33 stelle teenoor 21) gewen, terwyl die blou span in die meestersafdeling met 8 - 4 (17 stelle teenoor 11) geseëvier het.
Die rooi span het met 4 - 2 die kragmeting tussen twee meestersuitnodi-gingspanne gewen. Uiteindelik was dit die blou span wat die Franklin-skild met 37 wedstryde teenoor 27 gewen het.
Die eersteligaspelers. Foto: Verskaf
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’