MOSSELBAAI NUUS - Benevolent Park se oudste inwoner, Maria Cupido het op 6 Mei haar 94ste verjaarsdag gevier. Volgens inligting, is Maria 'n oud-Mosselbaaier, wat 'n paar jaar op Vredenburg gewoon het. Sy woon tans weer op Mosselbaai om nader aan haar familie te wees.
Sy is tans rolstoelgebonde, maar volgens die ander inwoners andersins nog perdfris en vol lewe.
"'n Groep van ons het vir haar gesing op haar verjaarsdag, waarna sy gesê het dat sy lanklaas so gelukkig gevoel het. Tog het daar 'n stille traan daarna gevloei," berig Abé Mitas, een van die inwoners.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'