MOSSELBAAI NUUS - Die bekende akteur en filmmaker van Pretoria, Jacques Gombault bied op Saterdag, 1 April en Sondag, 2 April 'n werkswinkel aan vir voornemende akteurs en ander belangstellendes in die TV- en filmbedryf.
Die werkswinkel, Become your Dream, word in samewerking met Ace Models International in Hartenbos aangebied.
Elani Pretorius, direkteur van Ace Models in Mosselbaai en George, sê hulle is baie opgewonde om die kursus, wat 'n eerste in die Tuinroete-distrik is, aan te bied.
Die doel van die werkswinkel is om mense meer selfvertroue te gee om in die openbaar te praat en om ook voor 'n kamera op te tree.
Vir meer inligting oor die kursus kontak Pretorius (076 966 5464).
Jacques Gombault gee raad terwyl hy besig is om 'n video van voornemende akteurs te neem.
Jacques Gombault wat op 1 en 2 April 'n werkswinkel in die vermaak- en TV-bedryf in Hartenbos aanbied.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’