MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie is tans op die toneel op die N2 waar die bestuurder van 'n silwer Mazda bakkie vanmiddag vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het waarna die bakkie gerol het.
Die bestuurder, 'n 30-jarige vrou het beserings aan haar kop en nek opgedoen.
Volgens die polisie het sy in die rigting van Mosselbaai gery en het 'n ander voertuig glo te naby aan haar gery. Die omstandighede van die voorval word nog ondersoek.
Die bestuurder het vermoedelik beheer verloor en die bakkie gerol.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'