MOSSELBAAI NUUS - Nooddienste is tans op die toneel om 'n bakkie wat vroeg vanoggend in die Brandwagrivier op die Geelbeksvlei-pad beland het, uit te sleep, nadat die bestuurder na wat verneem word, die laagwaterbrug probeer oorsteek het.
Die Brandwagrivier is besig om af te kom, weens die swaar reën wat die afgelope paar weke in die area geval het. Volgens ooggetuies is die bestuurder steeds in die voertuig en ongedeerd. Die persoon het self die insleepdienste gekontak.
In November 2021 het 'n inwoner van die omgewing, die 78-jarige Heinz Kemp in sy dubbelkatjuit-bakkie verdrink nadat die voertuig deur 'n sterk stroom water by dieselfde laagwaterbrug meegesleur is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’