MOSSELBAAI NUUS - ‘n Taxibestuurder wat 41 skoolkinders vervoer het is vanoggend op Mosselbaai gearresteer.
Die provinsiale verkeershoof van Mosselbaai, Reinet Sarikakis sê verkeersbeamptes het die taxi om 06:30 vanoggend op Louis Fourieweg voorgekeer.
Sarikakis sê met verdere ondersoek het 41 laerskoolkinders van verskillende ouderdomme uit die taxi geklim.
Die bestuurder is op die plek gearresteer en word aangekla van roekelose- en nalatige bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'