MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die Mosselbaai Kansa Relay for Life (RFL) het Saterdagaand hulle tiende bestaansjaar gevier met die leuse, Together we can.
Soos met vorige RFL-geleenthede, was kleurvolle uitrustings oral te siene en die feestelike atmosfeer by die ATKV-amfiteater in Hartenbos, aansteeklik.
"Ons weet almal dat die ondersteuning eintlik gemik is daarop om diegene wat met kanker worstel te help om in hul donkerste tye te besef daar is ondersteuning, liefde en hoop," het raadslid Anton Dellemijn gesê in sy openingstoespraak.
Freddie Faul, voorsitter van die Mosselbaai RFL vir die afgelope 10 jaar, tree vanjaar uit. Faul was ook betrokke by die vestiging van die RFL in Oudsthoorn. Mosselbaai is sover bekend, die engiste dorp in Suid-Afrika wat met twee RFL-geleenthede spog.
Die Garden Route RFL, vind op 2 Maart 2019 plaas by die D'Almeida-stadion.
Lees meer in Donderdag se Mossel Bay Advertiser, as ook aanlyn.
Soos met vorige RFL-geleenthede, was kleurvolle uitrustings oral te siene en die feestelike atmosfeer by die ATKV-amfiteater in Hartenbos, aansteeklik.
Oorwinaars...
Foto's: Cornelle Carstens en Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'