MOSSELBAAI NUUS - Die Bayview Buurtwag op Mosselbaai gaan vanaand om 18:45 ‘n witligpatrollie hou.
Die buurtwag sal deur die Da Gamaskop-polisiestasie en Msec vergesel word.
Die optog vind plaas deur Bayview se strate en buurtwaglede sal met witligte ry.
Die buurtwag doen ‘n beroep op inwoners van Bayview om nie hul swart vullissakke voor Donderdae buite hul wonings te sit nie. Volgens die buurtwag lok dit onnodige voete na die woongebied indien inwoners hul vullissakke byvoorbeeld al teen ‘n Maandag buite sit.
Volgens die buurtwag gaan vanaand se optog oor bewusmaking en inligtingspamflette sal aan inwoners uitgedeel word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'