MOSSELBAAI NUUS - Ongeveer 15 hoogliggende plotte by Aalwyndal asook Mosselbaai se vliegveld het tans nie water nie.
Dit is weens noodherstelwerk aan die 355 mm-pyplyn tussen die Aalwyndal -reservoir en Bartelsfontein-reservoir.
“Die watertoevoer sal vir die res van die dag noodgedwonge onderbreek wees en sal eers môre oggend weer normaal wees,” volgens die Mosselbaai-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'