Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Inwoner van Island View se dag het sleg begin toe sy voertuig vanoggend sowat 140m oor twee strate en deur twee oop erwe gery het en teen 'n heining tot stilstand gekom het.
Volgens inligting, het die eienaar gesê dat hy nie binne die Mazda CX5 was toe dit begin beweeg het nie.
Die voertuig het oor Henningstraat deur 'n erf, verder oor Amandasingel en weer deur 'n erf beweeg voor dit teen 'n kompleks se heining tot stilstand gekom het.
Heelwat skade is aan die voertuig aangerig en ‘n insleepdiens moes die voertuig uit die erf, wat ‘n baie skuins helling het, sleep.
Volgens inligting, het die eienaar net 'n sny opgedoen toe hy die voertuig probeer keer het.
Kyk 'n video hieronder:
Die voertuig het oor Henningstraat, deur 'n erf, verder oor Amandasingel en weer deur 'n erf beweeg voor dit teen 'n kompleks se heining tot stilstand gekom het.
‘n Insleepdiens moes die voertuig uit die erf wegsleep.
Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'