Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 16-jarige seun wat Dinsdag, 11 April, by Fransmanshoek verdrink het was ‘n leerder by die Helpmekaar Kollege in Johannesburg.
Christopher Barnard, sy pa Barries, ma Nadia en broers Heinrich en Luan, was op vakansie toe die tragiese voorval gebeur het.
Christopher en sy pa het visgevang by die rotse toe hy in die water beland. Sy pa het ingespring om hom te help, maar het later self uitgeswem. Christopher se lyk is later deur NSRI klewensredders in ‘n sloep na aan die wal gekry en is op die toneel dood verklaar.
Vorige artikel: Teenager drowns at Fransmanshoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’