MOSSELBAAI NUUS - 'n Taxibestuuder wat in 'n 2017 in 'n botsing op die N2 naby Hartenbos betrokke was, is verlede week vir sy oortreding gevonnis.
Die 25-jarige man het op 21 September teen 'n sleepwa en voertuig wat padwerkers vervoer het, gebots. Daar was na raming 5 persone in die taxi, en ten minste 4 padwerkers by die ongeluk betrokke.
Met die verkeerspolisie se aankoms op die toneel, is die taxi-bestuurder se bloedalkoholvlak getoets en daar is bevind dat hy onder die onvloed van sterk drank was.
Sy vonnis sluit in 12 maande gevangenisstraf of 'n boete van R20 000 en sy bestuurslisensie is vir ses maande lank opgeskort.
Die vonnis is opgeskort vir vyf jaar.
Adjudant-offisier A Stokes van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling het die ondersoek behartig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'