MOSSELBAAI NUUS - Die dae van 'n pakslae gee tuis vir weerbarstige kinders is verby.
Dit volg na die Suid-Gautengse hooggeregshof verlede week bevind het dat 'n ouer nie die verweer van "ouerlike tug" kan gebruik wanneer hulle van aanranding op hul kinders aangekla word nie.
Die uitspraak volg op 'n appél van 'n pa wat sy kind pakgegee het nadat hy hom betrap het dat hy na pornografie kyk.
Regter Raylene Keightley het bevind dat ouers nie van landswette kwytgeskeld kan word nie, selfs al is dit hul godsdienstige oortuiging dat hulle hul kind mag en moet tug.
Die regter het die pa se verweer, dat hy as ouer geregtig is om sy kind te tug en "redelike straf toe te pas" as ongrondwetlik bevind.
Verskeie nie-regeringsorganisasies het die regter in die saak toegespreek, Sy is ook in haar uitspraak bygestaan deur regter Ellen Francis.
Regter Keightley het wel gesê ouers wat hul kinders tug moet nie voor die voet vervolg en gestraf word nie, maar dat ander ingrypings sover moontlik gebruik moet word.
Rapport berig dat 'n regskenner, dr Llewellyn Curlewis meen dat alle howe van gelykstaande jurisdiksie gevolglik nou gebonde is aan die uitspraak totdat 'n hoër hof, soos die appélhof in Bloemfontein of die grondwetlike hof die uitspraak van Regter Keightley tersyde stel.
Sal hierdie uitspraak jou verhoed om jou kind te tug?
Stuur kommentaar na nickey@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'