MOSSELBAAI NUUS - Spanne wat wil inskryf vir die Cansa Relay for Life Garden Route wat op 3 Maart 2018 plaasvind kan dit nou reeds begin doen.
Spanne bestaande uit 10-15 persone kan registreer teen R60 per persoon.
Die geleentheid vind plaas by die D'Almeida-sportgronde vanaf 18:00 tot 06:00 op 4 Maart.
Die tema is 50 Shades of Purple.
Vir navrae, kontak Merle Singh (082 476 4413).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'