MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Groot-Brakrivier identifiseer jaarliks 'n skool in hul gebied om te ondersteun deur die speelterrein op te knap.
Vanjaar het die bestuur op Laerskool Vorentoe besluit. Die speelterrein vir graad 1- tot graad 3-leerders is geverf en nuwe apparate is gebou.
Ouers en die GPF-lede het op Woensdag, 28 Maart die projek aangepak.
Die eienaar van Bay Loans op Mosselbaai het die projek finansieël ondersteun.
Anton Dellemijn (raadslid), tweede van links, hier saam met Johan Muller (GPF-voorsitter), regs en Eric Scott (GPF-ondervoorsitter), sers Chantel Marais, lede van die GPF en ouers van Laerskool Vorentoe by die nuwe speelterrein.
'Ons bring jou die nuutse Mosselbaai, Tuinroete nuus'